81ste Oscar-toekenningsaand

  81ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 22 Februarie 2009
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Hugh Jackman
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Slumdog Millionaire
Meeste pryse  Slumdog Millionaire (8)
Meeste benoemings  The Curious Case of Benjamin Button (13)

Die 80ste Oscar-toekenningsaand is op 22 Februarie 2009 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2008. Hugh Jackman was die aanbieder.

The Curious Case of Benjamin Button het die meeste benoemings gekry (13), maar Slumdog Millionaire het op die ou end die meeste Oscars ingepalm: altesaam agt, insluitende vir beste prent en regisseur.[1][2] Eersgenoemde prent het drie pryse gewen. The Dark Knight en Milk het twee elk gewen.

Die wenner van die kategorie vir beste manlike byspeler, Heath Ledger, was die tweede akteur wat ’n nadoodse Oscar gewen het. Die eerste was Peter Finch in 1977.[3]

  1. Leopold, Todd (22 Februarie 2009). "'Slumdog' makes history, sweeps Oscars". CNN (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 Junie 2013.
  2. Horn, John (23 Februarie 2009). "'Slumdog' strikes it rich with 8 Oscar wins". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 6 Junie 2013.
  3. Johnson, Reed (23 Februarie 2009). "For Heath Ledger, a bittersweet salute". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 5 Junie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search